Former World Heavyweight Boxing Champion
OOK ONS IS NIE ALMAL...
© GERRIE COETZEE 2010-2018
INDEX PAGE
NEXT ARTICLE
PREVIOUS ARTICLE
OOK ONS IS NIE ALMAL SO NIE
2010-02-06 15:05
'n
Strikvraag:
Vir
wie
het
die
mense
in
die
Oos-Randse
township
van
Katlehong
geskree
die
aand
in
September
1983
toe
Gerrie
Coetzee
die
Amerikaner
Michael
Dokes
uitgedaag
het
vir
die
swaargewig-wêreldbokstitel?
Maklik,
veral
gesien
dat
Coetzee
'n
wit
Afrikaner
en
Dokes
swart
was,
en
die
sportboikot
teen
die
ongenaakbare
apartheidsregering
toe
reeds
begin
spoed optel het?
Nee,
nie
so
eenvoudig
nie.
Jacob
Dlamini
vertel
in
sy
uitstekende
debuut,
Native
Nostalgia,
dat
hy
(toe
11)
en
sy
gesin
ekstaties
was
toe
Coetzee
die
Yank
in
die
tiende
rondte
planke
toe
gestuur het. En so ook die ander families in hul straat in Katlehong.
Vir
hulle
was
dit
eenvoudig
-
Coetzee
van
die
wit
buurdorp
Boksburg
was
"een
van
ons,
'n
Suid-Afrikaner en 'n 'homeboy'?".
Wat
beslis
nie
eenvoudig
is
nie,
is
die
ongemaklike
vraag
wat
die
premisse
van
Native
Nostalgiais:
Hoekom
is
dit
dat
swart
mense
hul
lewens
onder
apartheid met genot kan onthou en dat party reken dat dit selfs beter toe was?
Die
boek
is
deels
etnografie,
geskiedenis,
mymering,
maar
ook
memoire
-
op
vernuftige
en
eerlike
wyse
zoem
hy
ook
op
homself
in:
Hoe
is
dit
dat
ek
'n
gelukkige
kindertyd
gedurende
apartheid gehad het, vra hy.
Mense
wat
Dlamini
se
papierskerp
rubrieke
of
sy
verhelderende
joernalistiek
ken,
sal
weet
hy
is
allesbehalwe
'n
apologeet
vir
apartheid.
Nostalgie
hoef
nie
'n
reaksionêre
sentiment
te
wees
nie,
sê
hy
as
'n
onbeskaamd
progressiewe
mens.
"Daar
is
'n
manier
om
nostalgies
oor
die
verlede
te
wees
sonder
om
te
vergeet
dat
die
stryd
teen
apartheid
regverdig
was,"
skryf
Dlamini.
Hy
is
tans
besig
met
sy
doktoraat
in
geskiedenis
aan
Yale.
As
historikus
het
hy
'n
renons
in
die
sogenaamde
"master
narrative"
van
swart
onteiening
wat
die
geskiedskrywing
oor
die
struggle
tans
oorheers.
Hierdie
gevaarlike
en
verwronge
heersers-relaas
wil
dit
hê
dat
die
gesiglose
"masses of our people" almal apartheid op dieselfde manier ervaar het, en soortgelyk daaronder gely en daarteen geveg het.
"Dit
het
ras-nativiste
toegelaat
om
strafloos
te
beweer
dat
aangesien
alle
swart
mense
dieselfde
gely
het
enige
swart
persoon
nou
kan
instaan
vir
alle
swartes,"
skryf
hy.
"Dit
het
dit
te
maklik
vir
sommige
gemaak
om
die
raskaart
te
speel.
Dit
het
ook
toegelaat
dat
'n
paar
swart
gesigte
ryk
kon word ten koste van miljoene swart mense - alles namens swart bemagtiging en transformasie, wat dit ook al mag beteken."
Geen
voorbeeld
maak
'n
mens
naarder
as
die
Wes-Kaapse
regter-president
John
Hlophe
nie.
As
die
speel
van
die
raskaart
professionele
poker
was,
was
Hlophe
al
teen
dié
tyd
skatryk,
reken
Dlamini.
Hlophe
beskuldig
helde
van
die
struggle
dat
hulle
teen
transformasie
is
-
dit
terwyl
hy
self sonder 'n noemenswaardigestruggle-geskiedenis sit.
Maar
soos
Gerrie
Coetzee
van
ouds
verwag
'n
straatwyse
Dlamini
reeds
regterhaakhoue
van
politieke
teenstanders
oor
sy
vraag
wat
dit
beteken om nostalgies te wees oor 'n lewe gelewe onder apartheid. En as 'n township-laaitie sal dit vir hom die uiterste ironie wees, sê Dlamini.
Gepraat
van
ironie.
Soos
daar
deesdae
geen
wit
mense
is
wat
aan
apartheid
geglo
het
nie,
wil
die
skrywer
hê
ons
moet
ook
swart
mense
aan
die kaak stel wat nou ewe skielik ook vryheidsvegters was. "Hulle moet uitgevang word met hul leuens."
Maar
die
boek
is
nie
net
oor
vrees
en
bewing
nie.
Sy
doel
met
die
boek
is
om
die
rykdom
en
kompleksiteit
van
swart
mense
se
lewens
te
besing
- wat nie eens deur die ergste van kolonialisme en apartheid vernietig kon word nie. En ook om die "stories van my jeug in Katlehong te vertel".
Dlamini
span
al
sy
sintuie
in
met
'n
behendigheid
wat
fyn
geslyp
is
deur
jare
as
joernalis.
Hy
vertel
van
Radio
Zulu
wat
'n
sentrale
rol
gespeel
het, en ongeag die apartheidsmandaryns dit selfs reggekry het om mense polities bewus te maak.
Daar
was
'n
subversiewe
nuusleser
-
jy
kon
hom
amper
oor
die
lug
hoor
oogknip
-
wat
voor
elke
item
gesê
het:
"Bathi
ngithi
(hulle't
gesê
ek
moet dit sê)."
En
daar
was
die
straatballet
met
die
speletjies,
modes,
sjebiens,
rotplae,
klanke,
reuke
en
die
Dlamini's
se
vloekende
buurvrou,
mev.
Nkosi.
As
sy
met
haar
gebruiklike
skril
"heyi"
lostrek,
het
die
grootmense
die
kinders
vinnig
begin
bymekaar
maak,
met
hande
solank
op
die
jongelinge
se
ore,
ingeval
sy
laat
waai
voordat
die
kinders
buite
hoorafstand
binnenshuis
was.
Nuuskierige
kinders,
wat
voete
gesleep
het,
het
'n
oorveeg
gekry.
Die
hoogtepunt
vir
Afrikaanssprekende
lesers
behoort
ongetwyfeld
die
fassinerende
hoofstuk,
"The
Language
of
Nostalgia",
te
wees.
Dit
gaan
oor hoe die township-mense beslag gelê het op Afrikaans, die sogenaamde taal van die onderdrukker.
Die
hoogs
leesbare
Native
Nostalgia
sal
nie
vir
Dlamini
oral
nuwe
vriende
laat
maak
nie.
Dit
is
egter
nie
net
'n
belangrike
bydrae
tot
hedendaagse geskiedenis nie, maar ook 'n insiggewende gids tot ons land se meer as 300 townships.
Charles Leonard is 'n vryskut-joernalis.
Rapport
JACOB DLAMINI