Former World Heavyweight Boxing Champion
“GERRIE WAS DIE BESTE”

GERRIE COETZEE

© GERRIE COETZEE 2010-2017
INDEX PAGE
NEXT ARTICLE
PREVIOUS ARTICLE
Rapport: PHIL ZAAYMAN Johannesburg Bekende oud-boksbass kyk terug: “Gerrie was ons beste” NOMMER   EEN …   Gerrie   Coetzee   tref   Michael   Dokes   met   ñ   linker   op   pad   na   die   swaargewigtitel   van   die wêreld. DR.LAPPIES LABUSCHAGNE As   Dr.   Izak   Labuschagne   staan   hy   bekend   as   een   van   die   land   se   voorste   oor-,   neus-   en   keelartse, maar in die sportwêreld noem almal hom sommer Dok Lappies. Dit   is   moeilik   om   nie   van   die   gawe,   jovial   man   te   hou   nie.   Iemand   wat   reuse-werk   veral   op   mediese gebied in die boks – en rugby-wêreld verrig het. ñ Ware alsydige man. Sy    indrukwekkende    curriculum    vitae    vertel    dat    hy    in    ñ    stadium    wêreldwyd    lid    was    van    byna    40 verenigings,   klubs,   unies,   federasies   op   alle   gebiede   van   die   samelewing,   maar   dis   oor   boks   dat   ons   met hom wou gesels. Dok   Lappies   was   van   1971   tot   1990   lid   van   die   Suid-Afrikaanse   Boksbeheerraad.    Hy   het   ook   jare lank gedien op die mediese komitees van die Transvaalse Rugby-unie en die hedendaagse Leeus. Hy   sê   dat   hy   op   72   nog   ver   van   aftrede   is.   Hy   gaan   nog   elke   dag   spreekkamers   toe   om   sy   beroep   te beoefen. Hy   en   Margaret   woon   in   ñ   gerieflike   huis   in   Waverley,   Johannesburg,   en   hy   is   die   pa   van   vier   volwasse seuns. Nie een van hulle het geboks nie. Hy het sy verbintenis met boks in 1990 verbreek, “ñ Lang storie waaroor ek nie graag wil praat nie,” sê hy. Vra   hom   gerus   uit   oor   die   SA   bokers   wat   hy   as   die   beste   na   die Tweede   Wêreldoorlog   beskou,   Gerrie   Coetzee   staan   vir   hom   kop   en   skouers   bo almal uit. “Hy   was   maar   die   derde   swaargewig,   naas   Ingemar   Johansson   (Swede)   en   Max   Schmelling   (Duitsland),   wat   dit   reggekry   het   om   die   titel,   toe   dit nog ñ prestige-titel was, by die Amerikaners af te neem. “Gerrie se enigste probleem was dat hy swak bestuur was. As hy ñ beter afrigter en bestuurder gehad het, sou hy die titel lank gehou het.” Sy   tien   beste   SA   boksers   na   die   oorlog   is:   Coetzee   (Swaar),   Brian   Mitchell   (Junior   Liggewig),   Baby   Jake   Mathlala   (Vlieg),   Vic   Toweel   (Kapok), Arthur   Mayesela   (Welter),   Pierre   Fourie   (Ligswaar),   Mike   Holt   (Ligswaar),   Arnold   Taylor   (Kapok),   Peter   Mathabula   (Vlieg)   en   Johnny   Ralph (Swaar). Hy   sal   enige   jong   seun   aanraai   om   aan   amateur-boks   deel   te   neem.   Dit   bied   baie   voordele,   soos,   fiksheid,   geestelike   skerpheid   en boonop sal dit help om die jong manne van die strate af weg te hou. Ja, hy erken dat beroepsboks gevaarlik kan wees. Die hoofdoel van die manne in die kryt is tog om ñ uitklop-hou te plant. Die   modern   neiging   is   om   al   strenger   beheermaatrëels   toe   te   pas.   Gevegte   word   deesdae   vinnig   gestop   as   dit   blyk   dat   ñ   bokser   in   die moeilikheid   is.   Hier   bestaan   die   gevaar   weer   dat   die   skeidsregter   te   veel   mag   in   sy   hande   sal   hê.   Dis   tog   net   ñ   dokter   wat   kan   besluit   dat   ñ bokser te veel straf verduur. Hy   glo   dat   baie   boksers   wat   in   die   kryt   gesterf   het,   van   swak   advies   bedien   was ,   soos   Brian   Baronet,   wat   ñ   klompie   jare   gelede   na   ñ uitklophou   van   Kenny   Vice   van Amerika   later   in   die   hospital   oorlede   is.   “Ek   glo   nog   dat   Baronet   ernstige   beserings   in   ñ   vorige   geveg   teen Arthur Mayesela opgedoen het. Baronet het kwaai straf verduur en moes nooit toegelaat gewees het om weer te boks nie.” Knoeiery   en   oneerlikheid   in   boks,   glo   hy,   sal   nooit   bekamp   kan   word   nie.   “Waar   daar   mense   met   geld   by   sport   betrooke,   sal   daar   altyd   ñ gekonkel wees. Jy kry dit ook in die politiek, in die staatsdiens en in die kerk.” In   boks   is   daar   soveel   geld   betrokke   dat   die   versoeking   maar   altyd   daar   sal   wees.   “Vra   maar   vir   die   omstrede   DonKing,   die   wêreld   se   magtigste promoter wat al dikwels voor die hof gedaag is.” King het dikwels al gesê: “I was in jail before, I don’t mind.” Of   soos   die   storie   van   die   koerantman   wat   ñ   promoter   gevra   het   of   hy   en   sy   mededingers   mekaar   verneuk:   “Nee,   jy   sien   as   een   ou   verneuk, dan is dit oneerlikheid, maar as ons almal verneuk, dan tel dit nie,” het die blomkool-oor geantwoord. Labuschagne meen dat boksers maar altyd sal moet ligloop vir obskure karakters wat hulle sal wil inloop. Sy advies is dan ook aan die jong manne om te sorg dat hulle ervare finansiële adviseurs tot hulle beskikking het. Hy haal sy hoed af vir Rodney Berman, Suid-Afrika se voorste promoter, wat goed na sy boksers se finansiële welstand omsien. Oor die toestand van die bokssport voel hy effens beswaard. “Wit   boksers   raak   al   hoe   skaarser.   Daar   is   niks   wat   hulle   lok   nie,   maar   dis   ook   hul   eie   skuld,   hulle   wil   nie   werk   nie.   Die   swart   boksers   is   bereid om op te offer, hulle het die geld nodig.” “Is dit deesdae die moeite werd om ñ kampioen genoem te word? Daar is reeds 17 soorte Mickey Mouse-titels op die spel. Ek vra maar net…..” Tog glo hy dat Suid-Afrikaanse boks weer van die krytvloer af sal opstaan. Iewers is daar ñ Gerrie Coetzee, ñ Pierre Fourie of ñ Arnie Taylor, wat die skares weer soos in die goue jare van die sestigs en sewentigs in hulle duisende na toernooie sal lok.