Former World Heavyweight Boxing Champion
OOK ONS IS NIE ALMAL...

GERRIE COETZEE

© GERRIE COETZEE 2010-2017
INDEX PAGE
NEXT ARTICLE
PREVIOUS ARTICLE
OOK ONS IS NIE ALMAL SO NIE 2010-02-06 15:05                                                    'n   Strikvraag:   Vir   wie   het   die   mense   in   die   Oos-Randse   township   van   Katlehong   geskree   die aand   in   September   1983   toe   Gerrie   Coetzee   die   Amerikaner   Michael   Dokes   uitgedaag   het   vir die   swaargewig-wêreldbokstitel?   Maklik,   veral   gesien   dat   Coetzee   'n   wit   Afrikaner   en   Dokes swart   was,   en   die   sportboikot   teen   die   ongenaakbare   apartheidsregering   toe   reeds   begin spoed optel het? Nee,   nie   so   eenvoudig   nie.   Jacob   Dlamini   vertel   in   sy   uitstekende   debuut,   Native   Nostalgia, dat   hy   (toe   11)   en   sy   gesin   ekstaties   was   toe   Coetzee   die   Yank   in   die   tiende   rondte   planke   toe gestuur het. En so ook die ander families in hul straat in Katlehong. Vir   hulle   was   dit   eenvoudig   -   Coetzee   van   die   wit   buurdorp   Boksburg   was   "een   van   ons,   'n Suid-Afrikaner en 'n 'homeboy'?". Wat   beslis   nie   eenvoudig   is   nie,   is   die   ongemaklike   vraag wat   die   premisse   van   Native   Nostalgiais:   Hoekom   is   dit   dat   swart   mense   hul   lewens   onder apartheid met genot kan onthou en dat party reken dat dit selfs beter toe was? Die   boek   is   deels   etnografie,   geskiedenis,   mymering,   maar   ook   memoire   -   op   vernuftige   en eerlike   wyse   zoem   hy   ook   op   homself   in:   Hoe   is   dit   dat   ek   'n   gelukkige   kindertyd   gedurende apartheid gehad het, vra hy. Mense   wat   Dlamini   se   papierskerp   rubrieke   of   sy   verhelderende   joernalistiek   ken,   sal   weet   hy is   allesbehalwe   'n   apologeet   vir   apartheid.   Nostalgie   hoef   nie   'n   reaksionêre   sentiment   te   wees nie,   sê   hy   as   'n   onbeskaamd   progressiewe   mens.   "Daar   is   'n   manier   om   nostalgies   oor   die verlede   te   wees   sonder   om   te   vergeet   dat   die   stryd   teen   apartheid   regverdig   was,"   skryf Dlamini. Hy   is   tans   besig   met   sy   doktoraat   in   geskiedenis   aan   Yale.   As   historikus   het   hy   'n   renons   in   die   sogenaamde   "master   narrative"   van   swart onteiening   wat   die   geskiedskrywing   oor   die   struggle   tans   oorheers.   Hierdie   gevaarlike   en   verwronge   heersers-relaas   wil   dit   hê   dat   die   gesiglose "masses of our people" almal apartheid op dieselfde manier ervaar het, en soortgelyk daaronder gely en daarteen geveg het. "Dit   het   ras-nativiste   toegelaat   om   strafloos   te   beweer   dat   aangesien   alle   swart   mense   dieselfde   gely   het   enige   swart   persoon   nou   kan   instaan vir   alle   swartes,"   skryf   hy.   "Dit   het   dit   te   maklik   vir   sommige   gemaak   om   die   raskaart   te   speel.   Dit   het   ook   toegelaat   dat   'n   paar   swart   gesigte   ryk kon word ten koste van miljoene swart mense - alles namens swart bemagtiging en transformasie, wat dit ook al mag beteken." Geen   voorbeeld   maak   'n   mens   naarder   as   die   Wes-Kaapse   regter-president   John   Hlophe   nie. As   die   speel   van   die   raskaart   professionele   poker was,   was   Hlophe   al   teen   dié   tyd   skatryk,   reken   Dlamini.   Hlophe   beskuldig   helde   van   die   struggle   dat   hulle   teen   transformasie   is   -   dit   terwyl   hy self sonder 'n noemenswaardigestruggle-geskiedenis sit. Maar   soos   Gerrie   Coetzee   van   ouds   verwag   'n   straatwyse   Dlamini   reeds   regterhaakhoue   van   politieke   teenstanders   oor   sy   vraag   wat   dit beteken om nostalgies te wees oor 'n lewe gelewe onder apartheid. En as 'n township-laaitie sal dit vir hom die uiterste ironie wees, sê Dlamini. Gepraat   van   ironie.   Soos   daar   deesdae   geen   wit   mense   is   wat   aan   apartheid   geglo   het   nie,   wil   die   skrywer   hê   ons   moet   ook   swart   mense   aan die kaak stel wat nou ewe skielik ook vryheidsvegters was. "Hulle moet uitgevang word met hul leuens." Maar   die   boek   is   nie   net   oor   vrees   en   bewing   nie.   Sy   doel   met   die   boek   is   om   die   rykdom   en   kompleksiteit   van   swart   mense   se   lewens   te   besing - wat nie eens deur die ergste van kolonialisme en apartheid vernietig kon word nie. En ook om die "stories van my jeug in Katlehong te vertel". Dlamini   span   al   sy   sintuie   in   met   'n   behendigheid   wat   fyn   geslyp   is   deur   jare   as   joernalis.   Hy   vertel   van   Radio   Zulu   wat   'n   sentrale   rol   gespeel het, en ongeag die apartheidsmandaryns dit selfs reggekry het om mense polities bewus te maak. Daar   was   'n   subversiewe   nuusleser   -   jy   kon   hom   amper   oor   die   lug   hoor   oogknip   -   wat   voor   elke   item   gesê   het:   "Bathi   ngithi   (hulle't   gesê   ek moet dit sê)." En   daar   was   die   straatballet   met   die   speletjies,   modes,   sjebiens,   rotplae,   klanke,   reuke   en   die   Dlamini's   se   vloekende   buurvrou,   mev.   Nkosi. As sy   met   haar   gebruiklike   skril   "heyi"   lostrek,   het   die   grootmense   die   kinders   vinnig   begin   bymekaar   maak,   met   hande   solank   op   die   jongelinge   se ore,   ingeval   sy   laat   waai   voordat   die   kinders   buite   hoorafstand   binnenshuis   was.   Nuuskierige   kinders,   wat   voete   gesleep   het,   het   'n   oorveeg gekry. Die   hoogtepunt   vir   Afrikaanssprekende   lesers   behoort   ongetwyfeld   die   fassinerende   hoofstuk,   "The   Language   of   Nostalgia",   te   wees.   Dit   gaan oor hoe die township-mense beslag gelê het op Afrikaans, die sogenaamde taal van die onderdrukker. Die   hoogs   leesbare   Native   Nostalgia   sal   nie   vir   Dlamini   oral   nuwe   vriende   laat   maak   nie.   Dit   is   egter   nie   net   'n   belangrike   bydrae   tot hedendaagse geskiedenis nie, maar ook 'n insiggewende gids tot ons land se meer as 300 townships. Charles Leonard is 'n vryskut-joernalis. Rapport
JACOB DLAMINI