Former World Heavyweight Boxing Champion
2 MINUTE, 3 SEKONDES

GERRIE COETZEE

© GERRIE COETZEE 2010-2017
INDEX PAGE
NEXT ARTICLE
PREVIOUS ARTICLE
DIS   laatmiddag,   24   Junie   1979   in   Monte   Carlo,   die   dobbel   koningkryk   aan   die   Mediterreense   kus.   Gerrie   Coetzee,   die   “Boksburg   Bomber”,   kom teen die Amerikaner Leon Spinks te staan in die uitdun rondte vir Muhammad Ali se vakante Wêreld boks federasie (WBA) - swaar gewig kroon. Nardus   Nel,   toe   nog   ñ   junior   fotograaf,   en   die   bekende   sports   skrywer   Phil   Zaayman   dek   die   geveg   vir   die   Sondag   koerant   Rapport.   “ek   moes   stoei vir   ñ   staanplek   langs   die   kryt   tussen   die   horde   foto   grawe,”   vertel   Nel.   “Ek   was   in   die   hoek   en   ek   het   geweet   skuif   ek,   is   ek   vir   die   res   van   die   geveg my   plek   kwyt.”   Die   geveg   het   die   Suid-Afrikaanse TV-kykers   gaande   gehad:   dit   was   ons   heel   eerste   regstreekse   oorskakeling   via   satelliet   na   ñ   groot geveg. Belangriker   nog,   wen   Gerrie,   staan   net   groot   John Tate   in   sy   pad   na   die   swaargewig   krron,   wat   sedert   die   1940’s   nog   net   een   keer   -   deur   die   Sweed Ingemar Johansson - van die Amerikaanse swaar gewigte afgeneem kon word. Die   einste   John   Tate   het   Gerrie   se   grootste   plaaslike   teenstander,   Kallie   “die   Bek”   Knoetze,   se   boks   loopbaan   in   die   destydse   Bophuthatswanana kort geknip. PRINS   RAINIER,   die   monarg   van   Monaco,   en   sy   seun, Albert,   sit   in   die   voorste   ry.   Ook   Gerrie   se   vrou   Rina,   sy   ouers,   oom   Flip   en   tant   Meisie,   sy bestuurder Hal Tucker en Kallie Knoetze en sy vrou, Elise.    “ñ   Klomp   Suid-Afrikaners   het   al   die   pad   Monte   Carlo   toe   gekom   om   Gerrie   te   sien,”   onthou   Nel.   “hulle   het   mal   gegaan   toe   Gerrie   en   sy   groepie helpers en aanhangers op die maat van Star Wars se tema musiek kryt toe aan geskuifel kom. Dit   was   warm   en   bedompig   in   Monte   Carlo.   Die   kryt   is   tydelik   op   ñ   parkeer   terrein   opgerig   en   die   hele   geleentheid   het   vir   my   soos   ñ   boks   geveg   op die   platteland   gevoel.   Daar   was   so   ñ   regte   boere-vibe.   Daar   was   ñ   tafel   waar   jy   drankies   kon   bestel   en   die   boksers   het   woonwaens   as   kleedkamers gehad.   “Sonder   al   die   bekendes   soos   Jody   Scheckter   (voormalige   Formule   Een-wêreld   kampioen),   die   prins   en   bekendes   in   die   boks   wêreld,   kon dit net sowel ñ geveg op enige Spar of Shoprite se parkeer terrein gewees het. “Maar   die   atmosfeer   was   iets   ongelooflik.   Ek   het   my   twee   kameras   vir   ñ   laaste   keer   nagegaan.   Seker   gemaak   hulle   is   gelaai,   een   met   swart-en-wit film   en   die   ander   een   met   kleur,   en   my   gereed   gemaak   vir   vyftien   moordende   rondtes.”   En   hier   in   Suid-Afrika?   Geen   sport   is   op   Sondae   toegelaat nie en die uitsending is vir byna ñ uur tot een minuut na middernag terug gehou. Blykbaar het mense partytjies aangelê, vleis gebraai en om middernag was almal in spanning voor die televisiestel. NEL   skiet   ñ   paar   raampies   toe   die   geveg   begin,”net   om   iets   te   hê”.   “Maar   ek   was   rustig.   Ek   spaar   film   vir   vyftien   rondtes.”   Toe   gebeur   die ondenkbare:   “Almal,   selfs   die   ou   sport   fotograwe,   is   onkant   betrap.   Ek   het   net   kameras   gewissel,   toe   gooi   Gerrie   ñ   regter.   En   daar   bliksem   hy   vir Leon Spinks uit! 2 minute en 3 sekondes in die eerste rondte. “Ek   het   skaars   tyd   gehad   om   my   kamera   te   fokus.   Ek   het   blindelings   geskiet   en   gehoop   vir   die   beste.   “Daarna   moes   ek   haastig   films   omruil,   want daar   was   Rina   in   trane,   oom   Flip   en   tant   Meisie   wat   op   en   af   spring   en   Gerrie   se   helpers   saam   met   hom   in   die   kryt. Toe   is   dit   saam   kleedkamer   toe.” En   net   daar,   in   die   harwar,   begin   ek   wonder:   “Wat   het   ek   met   die   film   wat   ek   in   die   kryt   geskiet   het,   gemaak?   Ek   sien   al   hoe   ek   moet   verduidelik   as ek sonder die boksfoto’s by die kantoor aankom...fotograaf gaan al die pad tot in Monte Carlo vir ñ belangrike geveg, en verloor sy belangrikste film. "Ek   was   totaal   paniekbevange.   Ek   gaan   deur   my   kamerasak,   deur   my   kamerabaadjie   se   sakke   en   probeer   onthou   wat   ek   gedoen   het   nadat   ek   die film uit die kamera verwyder het. Ek loop terug tot by die kryt en soek daar op die grond rond vir ingeval ek dit tussen die rommel laat val het. "In my kamerassak is daar 'n handvol films, almal Kodak Tri-X. En almal lyk presies eenders.?.?.?" HY   vlieg   die   volgende   oggend   terug   huis   toe:   "Gewoonlik   is   ek   een   van   die   praters   op   'n   vlug,   maar   op   dié   een   sit   ek   net.   My   eetlus,   my   drink-lus,   is weg, want ek bekommer my oor die film. Ek tob. Dit is seker die naaste wat ek in my lewe aan mediteer gekom het. "Ek   en   Phil   het   twee   weke   voor   die   geveg   elke   dag   saam   met   Gerrie   by   sy   oefenkamp   in   San   Remo,   Italië,   deurgebring.   Phil   het   die   storie.   Ek   hoop ek het die foto's." Toe   die   vliegtuig   land,   is   hy   reguit   kantoor   toe.   "Gewoonlik   wil   jy   'n   belangrike   film   apart   ontwikkel,   vir   die   impak   daarvan   en   omdat   jy   dit   perfek   wil hê. Maar dié keer is ek reguit donkerkamer toe. "Ek   sluit   die   deur   agter   my   toe   en   ontwikkel   al   die   films.   Toe   ek   die   eerste   negatief   so   uittrek,   toe   ís   dit   daar.   "Toe   is   ek   windgat   en   ek   skree   vir   die ander fotograwe: 'Boys, kom kyk, ek hét die knock out!" Groot verligting. IN   sy   loopbaan   het   hy   seker   'n   handvol   werklik   goeie   foto's   geneem,   sê   Nel.   Een   van   hulle   het   hom   indirek   die   Gerrie-foto   besorg."Kort   voor   ek   by Rapport begin werk het, was ek fotograaf by The Citizen. Hulle stuur my om 'n waterpolo-toernooi te gaan dek. "Ek   daag   die   middag   by   die   ou   Ellispark-swembad   in   Johannesburg   op   tydens   die   laaste   minute   van   die   eindwedstryd,   net   betyds   om   'n   paar   foto's te   neem.   "Wat   weet   'n   ou   wat   van   Somerset-Oos   in   die   Oos-Kaap   kom,   van   waterpolo?   "Gelukkig   het   ek   altyd   'n   gevoel   vir   sportfoto's   gehad. Toe   ek die film ontwikkel, sien ek net arms en hande. Toe weet ek, hier kom 'n ding." Daardie   foto   van   hom   is   deur   die   eertydse   sporttydskrif   Topsport   se   lesers   as   die   beste   sportfoto   van   die   jaar   gekies.   Die   prys   was   twee   kaartjies Europa toe. "Terwyl ek in Europa reis, toe word die Gerrie geveg aangekondig. En ek was daar." DIT   is   vir   hom   ná   soveel   jaar   as   beroepsfotograaf   steeds   'n   wonder   -   "magic",   sê   hy   -   om   in   sy   donkerkamer   te   gaan   sit,   die   deur   te   sluit,   die   lig   af   te skakel   en   op   die   ou   manier   'n   film   te   ontwikkel.   "Totdat   die   beeld   begin   vorm,   weet   jy   nie   wat   jy   het   nie.   'n   Goeie   foto   praat   sommer   al   met   jou   op   die negatief. "Soms   is   dit   blote   geluk,"   sê   hy.   "Maar   wanneer   dít   gebeur,   ervaar   jy   werklike   geluk."   Jare   daarna   kan   jy   dit   nog   in   jou   geheue   oproep:   daardie   foto op   die   koerantvoorblad   wat   'n   onvergeetlike   oomblik   so   treffend   vasgelê   het.   Soos   die   een   van   dáái   regter   waarmee   Gerrie   vir   Leon   Spinks    planke toe gestuur het. In 'n nuwe reeks in By gesels KIRBY VAN DER MERWE met die fotograwe van sulke onhou-jy-nog-foto's.
leon spinks